Pages

Saturday 12 February 2011

Welkom welkom....

Hier gaan ons lekker saam bak en brou... Deel gerus julle gunsteling met ons.

Vandag gaan ek vir my man 'n botterkoek bak. My eerste botterkoek!!! Probeer die resep saam met my. En laat weet hoe julle koeke uit gedraai het.

Lekker bak...

Botterkoek


Jy benodig:


150 g (3/5 k) sagte botter (nie gesmelt nie)

190 ml (3/4 k) strooisuiker

5 ml (1t) vanieljegeursel

3 eiers teen kamertemperatuur

440 ml (1 3/4 k) meelblom

15 ml (1 e) bakpoeier

1 ml (1/4 t) sout

125 ml (1/2 k) melk


1. Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer solank 2 laagkoekpanne van 22cm.

2. Klits botter en voeg suiker gelydelik by tot lig en romerig. Gooie geursel by.

3. Voeg die eiers een op 'n slag by en klits goed na elke byvoeging. Maak rande skoon.

4. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en sif dit om die beurt met die melk by die geroomde mengsel. Klits die mengsel baie goed tot alles gemeng is en fluweelagtige voorkoms het. Maar moenie roer nie KLITS!!!

5. Gooi die mengsel in jou panne.

6. Bak 25 - 35 min lank. As die koek bo-op ferm is en die kante begin weg trek van die van af, is dit geer.

7. MOENIE die oond in die eerste 20 min oop maak nie.


Laat weet as julle die resep getoets het!!


No comments:

Post a Comment