Pages

Saturday 12 February 2011

Grenedella Yskastert

Vinnige maklike tert reg vir tee tyd of lekker nagereg...


Jy benodig:


1 blik idealmelk

1 pakkie jelly

2 blikkies grenedella moes

1 pak marie of tennis beskuitjies


1. Sit ideal melk vorige aand in yskas... as jy vergeet het sit vir uur of twee in frieskas.

2. Klits ideal melk baie styf.

3. Maak jelly aan met 1 koppie kookwater en laat goed af koel.

4. sit die koekies onder in die pan.

5. Meng al die ander al die bestandele en gooi oor die beskuitjies.

6. Maak paar beskuitjies vyn en gooi bo-oor

7. Sit in die yskas tot heel gestol.


Baie lekker tert wat nie te soet is nie...


Klapper Ys

Ietsie vir die kinders en maatjies om te maak...

'n Resep vir die klein kok wat nie die stoof mak aanskakel nie. Die Klapper ys is maklik en vinnig om te maak en kan dadelik aan gemul word. Ek het dit ook op die net raak geloop en die kinders is mal daaroor. Elke soet tand in die huis sal lekker saam eet...

Klapper Ys













Jy benodig:


500 g Versiersuiker

400 g Klapper

5 ml Vanilla geursel

1 Blik kondensmelk


1. Meng alles goed saam in mengbak met hout lepel.

2. Verdeel die beslag in twee dele.

3. Druk een gedeelte in a gesmeerde glas bak.

4. Gooi 'n paar druppels voedselkleursel by die ander mengsel

5. Meng goed deur en druk die gekleurde klapper ys bo-op die wit vas.

6. Sny in klein blokkies.


Heerlike maklike Fudge...

Elke ma het 'n Fudge resep in haar kombuis wat jou herrineringe terug neem na jou kinder dae...

Ek het die een resep na die ander probeer maar net nie reg gekom nie. Wel die Fudge resep het skoonma my geleer en is die eerste fudge wat ek reggekry het. Wonder bo wonder het dit heerlik uit gekom dat ek self amper alles alleen geniet het.


Fudge to die for...














Jy benodig:


400 g suiker (500ml)

55 ml botter

397 g kondensmelk

135 ml water

60 ml gouestroop

5 ml vanielje geursel


1. Meng suiker en water in swaar kastrol en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.

2. Voeg botter en stroop by. Roer tot botter smelt.

3. Voeg kondensmelk by en roer tot kook.

4. Kook vir +/- 25 min tot by sagtebalstadium.

5. Roer af en toe.

6. Laat afkoel tot louwarm en voeg vanielje geursel by.

7. Klop mengsel tot romerig.

8. Gooi beslag in gesmeerde glas bak.

9. Sny in blokkies voor dit heel afgekoel is.



Korslose Souttert

Vinnige aandete of sout happies vir die gaste.
Hierdie korslose souttert resep het ek by my skoonma gekry. Werk baie lekker in kolwyntjie panne en kan gevries word.

Hierdie is 'n wenner!! Werk baie lekker vir 'n aandete of in klein kolwyntjie pannetjies vir 'n sout happie.


Jy benodig:


1 Blik weense worsies

1 Blik Bully beef of vervang met bacon. (of altwee saam werk ook lekker)

2 K kaas gerasper

1 K Melk

2 Eiers

1 ui gerasper

1 tl pietersielie

1 el meelblom

sout en peper na smaak


1. Sny die weense worsies in klein stukkies

2. Sny die bully beef in blokkies / of die bacon in klein stukkies.

3. Rasper die ui

4. Meng al die bestandele saam

5. Skep in gesmeerde glas bak of skep in gesmeerde kolwyntjie panne.

6. Bak tot ligbruin teen 180 grade.

Peppermint Crisp Tert

Ietsie vir die soet tant...

Probeer bietjie die peppermint tert. Dis uit die boeke uit asemrowend lekker. Vir die op dieet... ekstra gym tyd sal benodig word!

Die lekkerste Peppermint Crisp Tert ooit!!!!


Hierdie resep het ek iewers op die net raak geloop. Een van die lekkerste peppermint terte nog!!! So maklik dat selfs die kinders kan dit maak.


Jy benodig:


2 tot 3 pakkies tennisbeskuitjies

1 blik karamelkondensmelk

1 pakkie karamel kitspoeding

400ml melk

1 houertjie room

1 - 2 peppermint crisps


1. Klits die room styf.

2. Rasper die peppermints crisps

3. Maak kits poeding aan volgens die aanwysings op die pakkie, klits dan die karamelkondensmelk by.

4. Pak lae in glas bak soos volg:


  • tennisbeskuitjies
  • karamel
  • peppermint crisp
  • room
  • herhaal

Eindig met room en gerasperde peppermint crisp

Sit in die yskas vir so 3 ure!!!


Waarskuwing: die tert is baie soet en baie verslawend!!!


Welkom welkom....

Hier gaan ons lekker saam bak en brou... Deel gerus julle gunsteling met ons.

Vandag gaan ek vir my man 'n botterkoek bak. My eerste botterkoek!!! Probeer die resep saam met my. En laat weet hoe julle koeke uit gedraai het.

Lekker bak...

Botterkoek


Jy benodig:


150 g (3/5 k) sagte botter (nie gesmelt nie)

190 ml (3/4 k) strooisuiker

5 ml (1t) vanieljegeursel

3 eiers teen kamertemperatuur

440 ml (1 3/4 k) meelblom

15 ml (1 e) bakpoeier

1 ml (1/4 t) sout

125 ml (1/2 k) melk


1. Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer solank 2 laagkoekpanne van 22cm.

2. Klits botter en voeg suiker gelydelik by tot lig en romerig. Gooie geursel by.

3. Voeg die eiers een op 'n slag by en klits goed na elke byvoeging. Maak rande skoon.

4. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en sif dit om die beurt met die melk by die geroomde mengsel. Klits die mengsel baie goed tot alles gemeng is en fluweelagtige voorkoms het. Maar moenie roer nie KLITS!!!

5. Gooi die mengsel in jou panne.

6. Bak 25 - 35 min lank. As die koek bo-op ferm is en die kante begin weg trek van die van af, is dit geer.

7. MOENIE die oond in die eerste 20 min oop maak nie.


Laat weet as julle die resep getoets het!!