Pages

Saturday 12 February 2011

Peppermint Crisp Tert

Ietsie vir die soet tant...

Probeer bietjie die peppermint tert. Dis uit die boeke uit asemrowend lekker. Vir die op dieet... ekstra gym tyd sal benodig word!

Die lekkerste Peppermint Crisp Tert ooit!!!!


Hierdie resep het ek iewers op die net raak geloop. Een van die lekkerste peppermint terte nog!!! So maklik dat selfs die kinders kan dit maak.


Jy benodig:


2 tot 3 pakkies tennisbeskuitjies

1 blik karamelkondensmelk

1 pakkie karamel kitspoeding

400ml melk

1 houertjie room

1 - 2 peppermint crisps


1. Klits die room styf.

2. Rasper die peppermints crisps

3. Maak kits poeding aan volgens die aanwysings op die pakkie, klits dan die karamelkondensmelk by.

4. Pak lae in glas bak soos volg:


  • tennisbeskuitjies
  • karamel
  • peppermint crisp
  • room
  • herhaal

Eindig met room en gerasperde peppermint crisp

Sit in die yskas vir so 3 ure!!!


Waarskuwing: die tert is baie soet en baie verslawend!!!


No comments:

Post a Comment