Pages

Saturday 12 February 2011

Grenedella Yskastert

Vinnige maklike tert reg vir tee tyd of lekker nagereg...


Jy benodig:


1 blik idealmelk

1 pakkie jelly

2 blikkies grenedella moes

1 pak marie of tennis beskuitjies


1. Sit ideal melk vorige aand in yskas... as jy vergeet het sit vir uur of twee in frieskas.

2. Klits ideal melk baie styf.

3. Maak jelly aan met 1 koppie kookwater en laat goed af koel.

4. sit die koekies onder in die pan.

5. Meng al die ander al die bestandele en gooi oor die beskuitjies.

6. Maak paar beskuitjies vyn en gooi bo-oor

7. Sit in die yskas tot heel gestol.


Baie lekker tert wat nie te soet is nie...


No comments:

Post a Comment