Pages

Saturday 12 February 2011

Klapper Ys

Ietsie vir die kinders en maatjies om te maak...

'n Resep vir die klein kok wat nie die stoof mak aanskakel nie. Die Klapper ys is maklik en vinnig om te maak en kan dadelik aan gemul word. Ek het dit ook op die net raak geloop en die kinders is mal daaroor. Elke soet tand in die huis sal lekker saam eet...

Klapper Ys













Jy benodig:


500 g Versiersuiker

400 g Klapper

5 ml Vanilla geursel

1 Blik kondensmelk


1. Meng alles goed saam in mengbak met hout lepel.

2. Verdeel die beslag in twee dele.

3. Druk een gedeelte in a gesmeerde glas bak.

4. Gooi 'n paar druppels voedselkleursel by die ander mengsel

5. Meng goed deur en druk die gekleurde klapper ys bo-op die wit vas.

6. Sny in klein blokkies.


No comments:

Post a Comment