As ons terug dink na ons ma's en soms pa's dan dink ons ook aan al die lekker kos wat uit ma se kombuis gekom het. Ek dink elke ma het 'n paar spesiale resepte in haar kombuis wat sy weer by haar ma gekry het. Hier deel ek myne en ook 'n paar wat ek deur die loop van die tyd op die net en in boeke raak geloop het. Deel saam en geniet elke resep...